top of page

Amper oortuig? Die poort na die Ewige Lewe staan oop!

Preek Handelinge 26 - Woorde uit sy Woning

Daar is nog sommige mense wat ‘n dagboek hou, die belangrikste gebeure in hulle lewe getrou opteken. Hoe belangriker jy is, hoe waardevoller jou dagboek ... In die verlede was daar van hooggeplaaste amptenare verwag om hulle dagprogram te notuleer ... So het ons vandag nog die Dagregister van Jan van Riebeeck ... die man wat ‘n volk aan die suidpunt van Afrika geplant het ... En so het ons in die Bybelse tyd ... die kronieke van die Konings ... die inskrywings wat die belangrikste gebeure van hulle regeringstyd weergee ... Maar, so het elkeen van ons ook ‘n dagregister ... al is dit nie onsself wat dit hou nie ... Van elke mens is daar ‘n kroniekboek ... of hy dit nou wil hê of nie ... Daardie boeke sal op die oordeelsdag oopgemaak word ... (so lees ons in Openbaring 20) en die mensdom sal geoordeel word na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke ...(Openbaring 20:12). Wanneer die Bybel hier verwys na werke ... dan is die enigste werk wat werklik saak maak ons geloofswerke ... Het ek Christus se evangelie aanvaar ... die dag toe dit vir my aangebied was ... Duidelik, openlik en amptelik word die Messias aan die koning verkondig ... Biddend word die verlossingsboodskap aan sy hart gelê ... Die poort na die ewige lewe staan wyd oop voor hom ... Maar wanneer die mens verlore gaan, dan is daar ‘n geskiedenis aan verbonde ... Daar is ‘n verhaal aan verbonde ... en in daardie verhaal speel die sondaar die hoofrol ... Sommige het die ervaring van die floue gewete stemmetjie ... Ander, sekerlik almal hier vandag geniet die voorreg van God se besonderse genade ... gereelde woordverkondiging ... Ander, sekerlik almal hier vandag het die goeie woord van God gesmaak het die kragte van die toekomstige wêreld gesmaak ... (soos die brief aan die Hebreërs dit stel [6:5])... En dan hoor ons miskien en ons word ontroer ... Ons neem ons dalk voor, maar op die ou einde is dit tog maar wel ... nee ... Daar’s iets in die siel ... iets wat nie tot geloof beweeg wil word nie ... Bron: Handelinge 26: Amper oortuig? Die poort na die Ewige Lewe staan oop! Teks: Handelinge 26:28 En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word. Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 572
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page