top of page

Almal vir die Koning! Belydenis van Geloof

Preek 1 Kronieke 12 - Woorde uit sy Woning

Hoe lyk die leër van God hier langs die Matlabas? Is ons maar net nog 'n gereformeerde gemeente wat soos talle ander gemeentes besig is om agteruit te boer? Agteruit te boer in getalle? Agteruit te boer in ouderdom? Finansieel agteruit te boer? Kan hierdie 'n leërmag wees? Hier kom tog geen magtige dreuning van net twee dooplidmate wat vandag belydenis van geloof doen nie? Geen marsmusiek uit die eensame kamer van die weduwees nie. Die wat in die siekbed lê, sien jy tog nie op die paradegrond nie. Die wat in ons samelewing agter tralies moet skuil, is ook nie op pad om die wêreld te verower nie? En tog, wanneer daardie gelowige hande van die ou mens, krom van die artritis in gebed bymekaar uitkom … word daar meer krag ontketen as wat die nuutste Amerikaanse bomwerper in hom ronddra. Wanneer dié een op die siekbed sy oë op die Bybel rig, word daar verder en dieper gekyk as wat enige spioenasie satelliet ooit kan kyk en wanneer die gesin op die plaas die Psalms van Dawid sing, dan sidder die magte van die bose. Vier maal 'n jaar kom hierdie eienaardige weermag bymekaar. En dan vier hulle fees saam met hulle Koning. In ons Skrifgedeelte lees ons van so 'n koningsfees, sien ons die twaalf stamme Israel optrek na Hebron. In hulle fees, sien ons die voorloper van ons nagmaal. In hulle koning sien ons die voorvader van ons Aanvoerder … Hy wat genoem word die Seun van Dawid. Daarom kan ons vandag iets by hulle leer. Hulle oorlog is vandag nog ons stryd. En hulle vreugde bevat reeds iets van ons vreugde. Ons kyk kortliks uit wie hierdie leër van God bestaan het? Tweedens merk ons op met watter gesindheid hulle opgetrek het. En laastens vra ons: wat beteken hierdie fees wat hulle vier? Bron: Preek 1 Kronieke 12 - Almal vir die Koning! Belydenis van Geloof: Gerdi du Plessis & Louis Trichardt 2018 11 18 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 623
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page