top of page

Access Granted!Tombs opened/Voorhangsel skeur! Toegang tot God!
Preek Romeine 5 - Woorde uit sy Woning
The earth shook. The curtain was torn in 2. What shielded the most sacred part of the temple was inexplicably torn from top to bottom. Now there was access to God: You came to Mount Zion and the city of the living God, the heavenly Jerusalem and tens of thousands of angels, to the solemn assembly. Jesus Christ stands before His heavenly Father and He says: Here I am and the children You have given Me. Die aarde het gebewe. Grafte het oopgegaan. Die voorhangsel het in 2 geskeur. Dit wat die allerheiligste deel van die tempel afgeskerm het, het onverklaarbaar geskeur van bo na onder. Nou was daar toegang tot God: Julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering. Jesus Christus staan voor sy hemelse Vader en Hy sê: Hier is Ek en die kinders wat U My gegee het. Lasarus was die arm bedelaar voor die ryk man se deur. Daar het hy dag en nag gelê in die hoop dat daar vir hom ‘n paar krummels van die feestafel sal wees. Die ryk man daarenteen, het weelderig en luuks binne in sy huis geleef. Toe kom hulle te sterwe ... eers Lasarus en toe die ryk man ... en plotseling was die rolle omgeruil: Die ryk man het in ellende voor die hemelpoort gelê. Hy was nou die bedelaar en Lasarus was aan die boesem van Abraham, ryklik vertroos, omvou met al die weelde, al die luuksheid wat net die huis van God kan bied. Gestel ons verander net ‘n paar besonderhede in hierdie besonderse verhaal. Gestel Lasarus word deur die engele tot by die hemelpoort gebring ... maar ... omdat hy sy hele lewe gewoond was om nie na binne te gaan nie, bly hy net daar by die ingang rondhang. Lasarus besef miskien dat hy tot voor die ingang van die hemelse koninkryk gekom het, maar hy het nog steeds nie die vrymoedigheid om in te gaan nie. Dit sal darem baie jammer wees as daar vrede met God is, as ons besef dat die geregtigheid van God, danksy die Here Jesus Christus, aan ons toegereken is, maar ... maar ons besef nog nie dat ons nou toegang het nie. Toegang tot God. Dis deel van die pakket. Bron: Access Granted!/Toegang tot God Romeine 5:2 Roman Series Justified #23 /Romeine Reeks: Reg voor God #23 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 03 17 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 position: 472
bottom of page