top of page

60) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 45 Vr 116-118 Sonder Gebed ... Geen dankbaarheid! Ds F Smit

Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 45 

Vraag 116:  Waarom is die gebed vir die Christene nodig? 

Antwoord:  Omdat dit die vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van ons eis (a):  En omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike versugtinge sonder ophou daarom bid en daarvoor dank (b). (a) Ps 50:14.  (b) Matt 7:7;  Luk 11:9, 13;  1 Tess 5:17. 

Vraag 117:  Hoe moet 'n gebed wees wat God behaag en deur Hom verhoor word? 

Antwoord:  Ten eerste moet ons alleen die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het (a), van harte aanroep (b) vir alles waarvoor Hy ons beveel het om te bid (c).  Ten tweede moet ons ons nood en ellende reg en grondig ken (d) sodat ons ons voor sy majesteit kan verootmoedig (e).  Ten derde het ons hierdie vaste grond (f) dat Hy ons gebed, hoewel ons dit nie verdien nie, tog ter wille van die Here Christus sekerlik wil verhoor (g) soos Hy dit vir ons in sy Woord beloof het (h). (a) Op 19:10;  Joh 4:22-24.  (b) Rom 8:26;  1 Joh 5:14;  Jak 1:5.  (c) Joh 4:24;  Ps 145:18.  (d) 2 Kron 20:12.  (e) Ps 2:11;  34:19;  Jes 66:2.  (f) Rom 10:14;  Jak 1:6.  (g) Joh 14:13;16:23;  Dan 9:18.  (h) Matt 7:8;  Ps 27:8. 

Vraag 118:  Wat het God ons beveel om van Hom te bid? 

Antwoord:  Alle geestelike en liggaamlike behoeftes wat Christus saamgevat het, in die gebed wat Hy self aan ons geleer het (a).  (a) Jak 1:17;  Matt 6:33. 


Opnamedatum: 2023 02 07  


Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag  

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page