top of page

59) Onse Kategismus

Son 44 Tiende Gebod Vr 114,115 Lewe onder die WET is 'n lewe van GEBED Ds F Smit

Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! https://bit.ly/3HTholb  Laai die gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af om al die vorige video’s in hierdie reeks gerieflik op een plek te kry.


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 44  

Vraag 114:  Maar kan die wat tot God bekeer is, hierdie gebooie volmaak gehoorsaam? Antwoord:  Nee, want selfs die allerheiligstes het, solank hulle in hierdie lewe is, nog maar 'n geringe begin van hierdie gehoorsaamheid (a), maar tog so dat hulle met 'n ernstige voorneme begin om nie alleen volgens sommige nie, maar volgens al die gebooie van God te lewe (b). (a) 1 Joh 1:8;  Rom 7:14, 15;  Pred 7:20;  1 Kor 13:9.  (b) Rom 7:22;  Ps 1:2. 

Vraag 115:  Waarom laat God die Tien Gebooie dan so streng aan ons voorhou as niemand dit tog in hierdie lewe kan onderhou nie? 

Antwoord:  Ten eerste sodat ons gedurende ons hele lewe ons sondige natuur hoe langer hoe beter kan leer ken (a), en met groter verlange na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in Christus kan soek (b).  Ten tweede moet ons ons sonder ophou beywer en God om die genade van die Heilige Gees bid, sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons na hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik (c). (a) Rom 3:20;  1 Joh 1:9;  Ps 32:5.  (b) Matt 5:6;  Rom 7:24, 25.  (c) 1 Kor 9:24


Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag  


Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page