
56) Onse Kategismus vir Kinders
Son 42 Agste Gebod Vr 110,111 Agt- Boeie! Mag nie steel! Ds F Smit
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! https://bit.ly/3HTholb Laai die gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af om al die vorige video’s in hierdie reeks gerieflik op een plek te kry. Baie dankie aan Solidariteti Helpende Hand wat die Onse Kategismus Toepassing/App borg en ontwikkel het.
Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 42
Vraag 110: Wat verbied God in die agste gebod?
Antwoord: God verbied nie slegs die diefstal (a) en roof (b) wat die owerheid straf nie, maar Hy beskou ook as diefstal al die skelmstreke en liste waardeur ons probeer om ons naaste se besittings in die hande te kry (c). Dit kan gebeur met geweld of 'n skyn van reg, soos deur die vervalsing van gewigte, lengtemaat, inhoudsmaat, goedere, (d), geld, deur woeker (e) of enige middel wat God verbied. Hy verbied ook alle gierigheid (f) en alle misbruik en verkwisting van sy gawes (g). (a) 1 Kor 6:10. (b) 1 Kor 5:10; Jes 33:1. (c) Luk 3:14; 1 Tess 4:6. (d) Spr 11:1; 16:11; Eseg 45:9, 10; Deut 25:13. (e) Ps 15:5; Luk 6:35. (f) 1 Kor 6:10. (g) Spr 23:20, 21; 21:20.
Vraag 111: Maar wat gebied God jou in hierdie gebod?
Antwoord: Ek moet die belange van my naaste, waar ek kan en mag, bevorder en hom so behandel soos ek wil he dat hy my moet behandel (a). Daarby moet ek ook my werk getrou doen, sodat ek die behoeftiges in hulle nood kan help (b). (a) Matt 7:12. (b) Ef 4:28. Opnamedatum: 2023 01 31 Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/