top of page

46) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 33 Wat is bekering? Wat is goeie werke? Ds Faan Smit

Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb  

Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.  

Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 33 

Vraag 88:  Uit hoeveel dele bestaan die ware bekering van die mens? 

Antwoord:  Uit twee dele:  die afsterwing van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens (a). (a)  Rom 6:1, 4-6;  Ef4:22-24;  Kol 3:5, 6, 8-10;  1 Kor 5:7;  2 Kor 7:10. 

Vraag 89:  Wat is die afsterwing van die ou mens? 

Antwoord:  Dit is 'n hartlike berou daaroor dat ons God deur ons sondes vertoorn het en daarom hoe langer hoe meer die sonde haat en daarvan wegvlug (a). (a) Rom 8:13;  Joël 2:13;  Hos 6:1. 

Vraag 90:  Wat is die opstanding van die nuwe mens? 

Antwoord:  Dit is 'n hartlike vreugde in God deur Christus (a) en 'n lus en liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe (b). (a) Rom 5:1;  14:17;  Jes 57:15.  (b) Rom 6:10, 11;  Gal 2:20. 91  Vraag 91:  Wat is goeie werke? 

Antwoord:  Slegs die wat uit 'n ware geloof (a), volgens die Wet van God (b), tot sy eer gedoen word (c), en nie die wat op ons goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie (d). (a) Rom 14:23.  (b) Lev 18:4;  1 Sam 15:22;  Ef 2:10.  (c) 1 Kor 10:31.  (d) Eseg 20:18, 19;  Jes 29:13;  Matt 15:7-9. 


Opnamedatum: 2023 01 12  

Musiek gebruik in hierdie video:  Psalmverwerking: Henning Dafel  

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page