
45) Onse Kategismus vir Kinders
Sondag 32 Vraag 87: Sonder werke Sonder saligheid Ds Faan Smit
Volg Sondagmiddae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Oud en jonk sal hierby baat. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186.
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.
Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 32
Vraag 87: Kan die mense dan nie salig word wat in hulle goddelose, ondankbare lewe volhard en hulle nie tot God bekeer nie?
Antwoord: Nee, glad nie. Want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodedienaar, egbreker, dief, gierigaard, dronkaard, lasteraar, rower en sulkes die koninkryk van God sal beërwe nie (a). (a) 1 Kor 6:9, 10; Ef 5:5, 6;1 Joh 3:14.