top of page

43) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 32 Vr 86 Waarom goeie werke? Ds Faan Smit @WoordeuitsyWoning

Volg Sondagmiddae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Oud en jonk sal hierby baat. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186.  


Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir bykans 1000 video's video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang 


Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb  Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 31 

Vraag 83:  Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? 

Antwoord:  Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.  Met albei hierdie handelinge word die koninkryk van die hemel vir die gelowiges oopgesluit en vir die ongelowiges toegesluit. 

Vraag 84:  Hoe word die koninkryk van die hemel deur die verkondiging van die heilige evangelie oop- en toegesluit? 

Antwoord:  Volgens die bevel van Christus word aan die gelowiges gesamentlik en afsonderlik verkondig en openlik betuig dat al hulle sondes hulle waarlik deur God ter wille van die verdienste van Christus vergewe is so dikwels as wat hulle die belofte van die evangelie met 'n ware geloof aanneem.  Daarenteen word aan al die ongelowiges en huigelaars verkondig dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus solank hulle hulle nie bekeer nie (a).  Volgens hierdie getuienis van die evangelie sal God sowel in hierdie as in die toekomstige lewe oordeel. (a) Joh 20:21-23;  Matt 16:19. Vraag 85:  Hoe word die koninkryk deur die Christelike tug toe- en oopgesluit? Antwoord:  Volgens die bevel van Christus word die wat die naam Christen dra en tog 'n onchristelike leer huldig of hulle onchristelik gedra eers herhaalde kere broederlik vermaan.  As hulle egter nie van hulle dwalinge of skandelike lewe wil afsien nie, moet dit aan die gemeente of aan die wat deur die gemeente daarvoor aangewys is, gesê word.  As hulle hulle ook nie aan laasgenoemde se vermaninge steur nie, word hulle nie langer tot die heilige sakramente toegelaat nie en uit die Christelike gemeente en deur God self uit die ryk van Christus uitgesluit.  Hulle word weer as lede van Christus en sy gemeente aangeneem wanneer hulle werklike verbetering beloof en bewys (a). (a) Matt 18:15-17;  1 Kor 5:4, 5, 11;  2 Kor 2:6-8.  


Opnamedatum: 2022 11 08  

Musiek gebruik in hierdie video:  

Psalmverwerking: Henning Dafel  

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/



274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page