
34) WIE is die HERE?
(Volledige Eerediens) Eksodus 3 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
Bron: Eksodus 3
Lees Eks 3:1-4:17
Teks 3:11 Moses het tot God gespreek: Wie is ek? 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS
Tema: Wie is ek? Wie is Hy?
Psalms: 135:1,2; 135:3,4; 86:2,4; 105:6,7,8; 86:5,6
Agtergrond tot die preek: Hy is die HERE wat Homself ontferm. Hy ken genade en barmhartigheid en goedertierenheid Daarom (so sê die HERE) het ek neergedaal om hulle te verlos. Die Engel van die HERE maak hierdie stellings met groot beslistheid Hier bestaan geen onsekerheid by hierdie Spreker nie ... nie ‘n Ek gaan probeer nie ... nie ‘n mog-dit-treffe nie ... Hierdie is ook geen oorweging wat aan Israel voorgelê word nie ... Hier word geen opsies voorgehou nie ... Nee, ons lees slegs baie duidelike stellings onvoorwaardelik ... ononderhandelbaar ... Die HERE kom om te verlos ! God se Woord is nie op ‘n twyfelagtige sending nie So sal sy woord wees wat uit sy mond uitgaan: dit sal nie leeg na Hom terugkeer nie, maar doen wat Hom behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Hy dit stuur (Jes.55:11).
Opnamedatum: 2024 04 28
Musiekbesonderhede:
1) Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers
2) Sang, Psalmteks en Orrelbegeleiding: GK Krugersdorp (met dank)
3) Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/