top of page

26) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 18 Vr 46-49 Nut van die Hemelvaart Ds Faan Smit

Heidelbergse Kategismus Sondag 18 Vraag 46: Wat verstaan jy onder: Wat opgevaar het na die hemel? 

Antw. Dat Christus voor die oë van sy dissipels van die aarde na die hemel opgevaar het (a) en dat Hy ons ten goede daar is (b), totdat Hy terugkom om te oordeel die lewende en die dode (c). 


Vraag 47: Is Christus dan nie by ons tot aan die einde van die wêreld soos Hy ons beloof het nie (a)? Antw. Christus is waaragtige mens en waaragtige God. Na sy menslike natuur is Hy nie meer op aarde nie (b); maar na sy Godheid, majesteit, genade en Gees wyk Hy nooit meer van ons nie (c). 


Vraag 48: Maar as die mensheid nie orals is waar die Godheid is nie, word die twee nature in Christus dan nie van mekaar geskei nie? 

Antw. Stellig nie; want aangesien die Godheid deur niks ingesluit kan word nie en oral teenwoordig is (a), moet daaruit volg dat dit wel buite sy aangenome mensheid is (b) en ewenwel tog ook daarin is en persoonlik daarmee verenig bly. 


Vraag 49: Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons? 

Antw. Ten eerste, dat Hy in die hemel voor die aangesig van sy Vader ons Voorspreker is (a). Ten tweede, dat ons ons vlees in die hemel as 'n gewisse pand het, dat Hy as die Hoof ons sy lede ook tot Hom sal neem (b). Ten derde, dat Hy ons sy Gees as 'n teëpand stuur (c), deur wie se krag ons soek wat daarbo is, waar Christus is aan die regterhand van God en nie wat op die aarde is nie (d).


Opnamedatum: 2022 09 27   


Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag  


Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page