top of page

2022: God se gemeente aan die werk!
Preek Nehemia 2 - Woorde uit sy Woning
Elke familiehoof, elke huishoof aanvaar verantwoordelikheid daar waar die HERE hom gestel het. Ons kan maar net begin daar waar ons geplaas is: met die herstel van huisgodsdiens. Kom ons sê vandag vir mekaar ook vir die jaar wat kom: Ons sal ons klaarmaak en bou! Ons maak ons hande sterk vir die goeie werk! Woordverkondiging: Nehemia 2, Ds Gustav Opperman,. Elke huis word deur iemand gebou, (so lees ons in die brief aan die Hebreërs) Elke huis word deur iemand gebou maar Hy wat alle dinge gebou het, is God (Hebreërs 3:4). God bring alles tot stand, maar Hy gebruik mense. Hy gebruik sondaarmense. Hy gebruik vir u en vir my. Hy roep nie net ‘n Nehemia nie, Hy roep ‘n hele geloofsgemeenskap om die mure van Jerusalem te herbou ... en die mure van Jerusalem moet herbou word die moet herstel word want daar is ‘n Koning aan die kom. Toe Hy Hy destyds Jerusalem binnegekom het, het gekom op ‘n eselvul. Wanneer Hy weer kom, kom Hy in heerlikheid op die wolke. Ons moet gereed wees daarvoor. Ons sal ons klaarmaak en bou! so het die volk destyds gesê: En hulle het hulle hande vir die goeie werk sterk gemaak. Bron: Nehemia Nehemia 2:16 – 3:32 Teks Nehemia 2:18b “En (die leiers) sê: Ons sal ons klaarmaak en bou! En hulle het hulle hande sterk gemaak vir die goeie werk.” 2022: God se gemeente aan die werk! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 12 12 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 37
bottom of page