
112) En nou, die Nuwe Jaar?
(Volledige Erediens: Lev 25, Jer 32 ) Ds G Opperman @WoordeuitsyWoning
Bron: Lees Lev. 25:23-28; Jer. 32:1-15
Teks: Jer 32:8c,9 Toe het ek gemerk dat dit die woord van die HERE was. Daarop het ek van Hanámeël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Anatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.
Tema: Voeg die daad by die Woord.
Psalms: 118:1,12; 118:13,14; 119:6,7; 98:1,2
Agtergrond tot die preek: Ons kan een van twee dinge doen ... Ons kan sê: Hierdie is net nog ‘n rampjaar ... en al sugtende dieper die moeras insink. ... Of ons kan sê: Hierdie is nog ‘n rampjaar (laat ons maar eerlik wees), maar ... ons is mos almal gedooptes. Ons is mos almal kinders van die belofte. Kom ons plaas hierdie rampjaar in die lig van die jubeljaar ... die jubeljaar wat nog moet kom.