
106) Raaisels uit die Voortyd
(Volledige Erediens Ps 78) Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
Bron: Lees Psalm 78:1-8
Teksvers 78:2 Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
Tema: God is die Insteller en die Onderhouer van Sy verbond en doop
Psalms: 105:1,2; 105:3,4; 105:5,6; 128:8; 105:23,24.
Agtergrond tot die Preek: As ons kom by die kinderdoop, het ons onmiddellik met 'n probleem te doen. 'n Omstrede saak in die wêreldwye christelike gemeenskap. 'n Oorsaak van verdeeldheid. Een van die redes waarom mense dikwels die gereformeerde kerke verlaat. Hoe kan 'n suigeling sy geloof bely? Hoe kan 'n baba hom bekeer? Dit maak net nie sin nie! Ons verstaan dit nie, so sê hulle. Vir hierdie mense is die kinderdoop 'n raaisel. Vir baie gereformeerdes is dit weer 'n oorlewering 'n goeie rede vir 'n familiesaamtrek. Vir hierdie mense is die kinderdoop 'n mooi tradisie, 'n tradisie uit die voortyd.