top of page

1 Miljoen red SA? Waar is julle geloof?
Preek Lukas 8 - Woorde uit sy Woning
Baie dramatiese dinge het die afgelope weke in die land afgespeel. Vir baie was dit absoluut skrikwekkend om te beleef hoe die land en die Rand begin sink het. Die gevoel van paniek onder die mense was amper tasbaar werklik soos die pers en die sosiale media na alle kante uitgeroep het. Verskeie oproepe het weerklink ... oproepe om te mobiliseer, oproepe tot massaoptogte. Daar is nog ‘n oproep om massa gebedbyeenkoms ook. Ons moet ‘n miljoen mense in Bloemfontein aan die bid kry! (word daar gesê) Ons moet dit doen voor dit te laat is! Lees Lukas 8:19-27 Teks: Lukas 8:25 Waar is julle geloof? Tema: Sal die kerkboot werklik sink? Lukas 8:24 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ‘n stilte gekom. Lukas 8:25 En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Musiek in die video: Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 position: 751
bottom of page