
'n Lig vir die nasies
Jes 53 Ds Gustav Opperman GK Brakpan Woorde uit sy Woning
"Dit is te gering dat Hy my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob: Ek het Hom gemaak tot ’n Lig van die nasies, tot aan die einde van die aarde' (Jes 49:6) tot by ons hier vandag! Woordverkondiging: Jes 53, Ds Gustav Opperman, woordeuitsywoning.com
‘n Lig van die nasies tot aan die eindes van aarde tot by ons hier vandag. God keer hierdie orde om. Hy hou die Swakke en Onaantreklike aan ons voor. Die Een wat voos geslaan is, een wat bespot en bespoeg is.
Hy word voorgehou. Kyk! Daar is my Man, sê die professie van Jesaja. Hy is ‘n dienaar, ‘n kneg, ‘n slaaf volgens Filippense een.
Hierdie slaaf verander die wêreldgeskiedenis. Hierdie Kneg sal voorspoedig wees. Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word. Dit is die boodskap wat die profeet Jesaja vandag aan ons verkondig. Dit is die boodskap wat Jesaja 500 jaar voor Jesus Christus reeds verkondig het.
Die Here keer die wêreldorde om. En Hy doen dit deur sy veragte dienaar, sy verstote Kneg. Wie sou soiets glo, vra die profeet? Kyk, my Kneg!
Bron: Jesaja 52:13-53:12
Teks Jesaja 52:13 Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word. Opnamedatum: 2022 07 17
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/