top of page

'n Duur verlies!

Preek Psalms 116 - Woorde uit sy Woning

Wanneer daar ‘n gelowige te sterwe kom, dan ervaar God ‘n verlies. Daar is iets kosbaar wat verlore gaan. Iets wat vir die HERE baie kosbaar is, gaan verlore. Die HERE ervaar ‘n duur verlies. Woordverkondiging: Psalm 116, ds Gustav Opperman. Skryf in op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Ons plaas 3 keer per week nuwe video's. Dawid het ‘n gelofte aan die HERE gemaak... Verlos my HERE en ek sal u Naam daarvoor loof en prys. En daardie gelofte wil hy betaal ... almal sal kan sien dat ek dit betaal ... ek sal dit betaal in die teenwoordigheid van die ganse volk. Twee keer word dit in hierdie psalm herhaal Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk, in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! In ons geval, geagte begrafnisgangers, vriende en familie van broeder Piet, sal jy my in die kerk sien. Saam met die ander gereddes, saam met die ander gelowiges sal jy my in die kerk sien, saam sal ons bely ek glo in ‘n heilige algemene christelike kerk saam by die nagmaaltafel sal ons die beker van verlossinge opneem, saam die HERE se Naam aanroep. Dis wat Psalm 116 bely en dit is wat ons oorlede broeder bely het. Kyk jy by die oggenddiens dan was hy daar en die aanddiens ... hy was daar ... Saam het ons Psalm 116 gesing ... nagmaal na nagmaal. Ek sal u Naam met dankerkent'nis prys te midde van die feestelike skare. ‘n Groeiende feestelike skare ... Vandag weet ek dat ek en broeder Piet saam met Dawid die Psalmdigter eendag weer sal sing weer saam met die hemelse skare sal sing ... nie alleen ‘n loflied van lewende siele nie, maar die loflied van nuutgemaakte liggame weer verenig met hulle siele liggame en siele wat tot in ewigheid lewe. Bron: Psalm 116 en 117 Teks: Psalm 116:15 'n Duur Verlies! Begrafnisdiens broeder Piet du Plessis vanuit GK Thabazimbi Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas WoordeuitsyWoning 2021 05 11 Musiek gebruik in hierdie video: Met dank en erkenning Psalm 116:1,5 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan position: 152
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page