top of page

Plaasaanval Plaasmoord: Omgekeerde fondamente
Helpende Woord 31 Psalms 11 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand
Wat die kan die regverdige doen as die fondamente omgekeer word? Wat die gelowige doen in hierdie land met toenemende geweldsmisdaad? Hierdie week se Helpende Woord lê besoek af in Soekmekaar in die Limpopoprovinsie waar twee verdagtes van 'n wrede plaasaanval in die hof moes verskyn. Volg Helpende Woord Vrydae op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning (nie-winsgewend). As u met geloofsvrae worstel, kontak ons met vrymoedigheid by . Ons gee om! Op Vrydag 7 Augustus trek meer as 500 voertuie op na Soekmekaar in die Limpopo provinsie in 'n protesoptog. Dit nadat die plaas van die bejaarde Joubert-egpaar twee dae vantevore aangeval is. Mnr Joubert het ernstige hoofbeserings opgedoen. Mev Joubert is twee keer verkrag en in die been geskiet. Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. hoor. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!” Bron: Psalm 11 Omgekeerde fondamente Helpende Woord#31 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 08 07 Music used in this video: With appreciation YouTube Audio Library 1) You're free to use this song and monetize your video, but you must include the following in your video description: Cylinder Two by Chris Zabriskie is licensed under a Creative Commons Attribution license (https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/) Source: http://chriszabriskie.com/cylinders/ Artist: http://chriszabriskie.com/ 2) Spirit of Fire 10:08 Jesse Gallagher Ambient | Calm YouTube Audio library 3) Turning Slowly You're free to use this song and monetize your video, but you must include the following in your video description: Cylinder Two by Chris Zabriskie is licensed under a Creative Commons Attribution license (https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/) Source: http://chriszabriskie.com/cylinders/ Artist: http://chriszabriskie.com/ position: 359
bottom of page