
Orde in Chaos
Susan Fouché Helpende Woord#298 Solidariteit Helpende Hand
Deur ’n wêreld wat deur God ordelik geskape is, maar deur die sondeval gebreek is, het chaos deel geword van die mens se bestaan. Vir die Christen is dit daarom ’n daaglikse stryd om orde te handhaaf in ’n wêreld wat voortdurend geneig is tot wanorde. Soms is hierdie chaos ekstern – in die gebroke wêreld en in die optrede van mense rondom ons. Maar dikwels is die chaos ook intern, wanneer die gebrokenheid van die wêreld en ons eie sondige natuur ons harte en lewens binnekom. Die vraag ontstaan dus: Hoe skep ’n mens orde te midde van chaos? Hoe begin ’n mens ’n moeilike en chaotiese situasie omskep na een waar daar weer orde kan wees? Hierdie vraag word nie net vanuit ’n fisiese perspektief ondersoek nie, maar ook vanuit die innerlike lewe van die mens. God gebruik gereeld beproewinge om ons ook te laat groei in die geloof. Kontakbesonderhede: Susan Fouché https://hernu-u.co.za Wees Wel met Susan