
Onvoltooide Werke
Ds Gustav Opperman Helpende Woord#116 Solidariteit Helpende Hand
Namate die ekonomie wêreldwyd verswak, vind ons oral rondom ons onklaar bouwerke: van groot konstruksie ondernemings tot eenvoudiger woonhuise. Die geld en die vermoë het opgeraak. So is daar ook in ons persoonlike lewens talle projekte wat onafgehandel is. Die sekerheid wat ons wel het, is dat die Here wel klaarmaak wat Hy begin het. Met Hom het ons die sekerheid dat die beloftes wat Hy gemaak het en die goeie werk wat Hy in ons lewens begin het, Hy wel eendag sal voltooi (Fil 1:6) Volg Helpende Woord Vrydae op @Woorde uit sy Woning
Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
Bron: Filippense 1:6
Helpende Woord#116: Onvoltooide Werke
Solidariteit Helpende Hand
Ds Gustav en Ina Opperman
Opnamedatum: 2021 12 19
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
1) At the Precipice of a Dying Light YouTube Audio Library License
2) Clouds Huma-Huma YouTube Audio Library License
3) Turning Slowly Helpende Woord Outro Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License