top of page

Laat jou lig skyn!
Ds G Opperman Helpende Woord#304 Solidariteit Helpende Hand @WoordeuitsyWoning
Die Suid-Afrikaanse kuslyn lê besaai met die wrakke van skepe wat met verloop van tyd daar gestrand het. Om hierdie rampe te verhoed, is daar oral langs die kus vuurtorings opgerig wat skeepsvaart langs die kus van onheil bewaar. Net so gee die Here vir ons sy Woord as 'n "lig vir ons pad en 'n lamp vir ons voete". Terselfdertyd word alle gelowiges opgeroep om soos 'n vuurtoring óns lig te laat skyn in 'n verlore gaande wêreld.
bottom of page