
God van die Daeraad
Ds Gustav Opperman Helpende Woord#120 Solidariteit Helpende Hand
Die digter van Psalm 19 leer ons om na God se skepping te kyk en sodoende Hom beter te leer ken. "Die hoƫ hemelrond vertel met bly mond Gods heerlikheid en eer", lui die beryming van daardie Psalm. Ons sien dit ook in die pad van die son wat op sy majestieuse baan daagliks deur die hemelruim stap. Geen mens behoort hierdeur koud gelaat te word nie. Die gelowige veral moet tyd inruim om hom van die Here se skeppingswerk te vergewis en daardeur sy Skepper beter te leer ken. Volg Helpende Woord Vrydae op woordeuitsywoning.com
Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
Bron: Psalm 19
Helpende Woord#120
Solidariteit Helpende Hand
Ds Gustav en Ina Opperman Woorde uit sy Woning
Opnamedatum: 2022 06 11
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
1) The Long Night
Artist: Quincas Moreira
YouTube Audio Library License
2)Turning Slowly
Helpende Woord Outro
Artist: Ugonna Onyekwe
YouTube Audio Library License