top of page

Genade Alleen!
Helpende Woord 99 Klaagliedere 3 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand
Ons omstandighede kan dikwels baie vinnig verander. Soms word die grond letterlik onder ons voete uit weggeneem. As ons dan nog steeds staande bly, dan kan ons saam met die profeet Jeremia uitroep: “Dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie” (Klaagliedere 3:22). Twee bome op 'n konstruksieterrein naby Tzaneen kan hiervan getuig. Volg Helpende Woord Vrydae op Woorde uit sy Woning. Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. Bron: Klaagliedere 3:22 Genade Alleen! Helpende Woord#99 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 12 20 Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: 1) Mer-Ka-Ba Ambient Bright Jesse Gallagher 17:31 YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required. YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video. You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted). 2) Turning Slowly Helpende Woord Outro Turning Slowly 3:21 Ugonna Onyekwe Cinematic | Calm You're free to use this song and monetize your video. YouTube Audio Library License position: 29
bottom of page