top of page

Gelowige Moeders
Helpende Woord 58 2 Timothéüs 1 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand
Baie huisgesinne moet soms noodgedwonge sonder 'n geloofinset van 'n vader klaarkom. Pa is of te besig, of in die geval van enkelouers, selfs heeltemal afwesig. In die geval van Timotheus was dit sy moeder en grootmoeder wat hom in die Bybel onderrig het en die die apostel Paulus getuig van die goeie werk wat hulle gedoen het. Net so moet ons ook erkenning gee aan soveel ma's en ouma's wat vandag nog met groot toewyding die dinge van die Here aan hulle kinders en kleinkinder leer. Volg Helpende Woord Vrydae op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel die Goeie nuus van hoop, enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig op versoek van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. Bron: 2 Timoteus 1 Gelowige Moeders Helpende Woord#58 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 03 16 Music used in this video obtained from YouTube Audio Library With thanks and appreciation: 1) Turning Slowly Helpende Woord Outro Turning Slowly 3:21 Ugonna Onyekwe Cinematic | Calm You're free to use this song and monetize your video. YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required position: 211
bottom of page