top of page

Geanker in die Woord

Helpende Woord 30 Psalms 1 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand

Opvallend die bome wat naby die waterlope geanker staan. Die droë wintertye kan maar kom, die somervloede kan maar kom, hulle gedy steeds. Hulle bly deurentyd groen. Psalm een leer ons dat die gelowige wat so in die Here se Woord geanker is, net so deur alle seisoene sal floreer. Volg Helpende Woord Vrydae om 11:00 op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. hoor. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!” Bron: Psalm 1 , Psalm 46 Geanker in die Woord Helpende Woord#30 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 07 31 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Music from YouTube Oudio Library used in this video: With appreciation 1) The Blue Pearl Ambient Calm Jesse Gallagher 2) Thin places Ambient Calm Jesse Gallagher 3) Turning Slowly Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library Helpende Woord Outro position: 363
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page