
Alles tevergeefs!
Ds Gustav Opperman Helpende Woord#123 Solidariteit Helpende Hand
Die son kom op in die oggend en die son gaan onder. Al die strome loop na die see en tog word die see nie vol nie (Pred 1:5,7). Die Prediker ervaar dit alles 'n herhalende tevergeefsheid. Daar is niks nuut onder die son nie. Dit is daarom dat ons die Here Jesus Christus se nodig het. Hy is die Een wat kom om alles nuut te maak (Op 21:5), sodat ons weer van vooraf oor die dinge in die skepping verwonderd sal wees. Volg Helpende Woord Vrydae op woordeuitsywoning.com
Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand.
Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
"Dit is ons roeping om in ons YouTube-kanaal (Woorde uit sy Woning) deur Skrifgetroue preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie van Jesus Christus te versprei in Suid-Afrika en orals in die wêreld waar gelowiges 'n behoefte het om die Woord te hoor. Welkom by ons internetbediening!"
Bron: Prediker 1:5-9
Opnamedatum: 2022 06 19
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
1) The Blue Pearl Jesse Gallagher
2) Helpende Woord Outro
Turning Slowly Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License