
Akkergeloof
Ds Gustav Opperman Helpende Woord #141 Solidariteit Helpende Hand
Na 'n veelbewoƫ trek vanuit die kolonie het die Voortrekkervrou Anna Steenkamp op die plaas Groenvlei gevestig. Daar plant sy twee akkers, wat sy na al die jare nog met haar meegedra het. Anna Steenkamp is lankal oorlede, maar een van haar akkerbome staan vandag nog en gee skaduwee aan die jaarlikse Geloftefeeste daar. Vanuit die ander boom, wat deur die weerlig beskadig is, is daar meubelstukke gemaak wat vandag nog diens doen. (Vgl Pred 11:1) Volg Helpende Woord Vrydae op woordeuitsywoning.com
Eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel die Goeie nuus van hoop, enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig op versoek van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
Bron: Prediker 11:1
Opnamedatum 2022 11 12
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With Thanks and appreciation:
1) The Golden Present Artist: Jesse Gallagher YouTube Audio Library
2) Helpende Woord Outro Turning Slowly Artist: Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License